Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-77c89778f8-fv566 Total loading time: 0 Render date: 2024-07-16T23:09:16.039Z Has data issue: false hasContentIssue false

Inleiding

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Oor Thomas Mofolo, Sy Lewe En Werk

Thomas Mofolo is gebore op 22 Desember 1876 op Khojane by Mafeteng naby die suidwesgrens van Lesotho. Sy ouers, Abner en Aleta Mofolo, verhuis daarna na die Qomoqomong-vallei in die Quthing-distrik in die suide van Lesotho. Dis hier waar Thomas sy eerste skoolopleiding ontvang, o.m. van die vermaarde opvoedkundige en skrywer Everitt Lechesa Segoete. Verdere onderrig ontvang hy te Masitise van die sendeling Fred Ellenberger, by die Bybelskool op Morija in 1894, en onderwysersopleiding by die Morija Opleidingskool van 1896 tot 1998. Die sendeling Alfred Casalis stel hom daarna by die Morija Sesuto Boekdepot aan – ’n aanstelling wat in 1899 met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ongelukkig tot ’n einde kom. Mofolo keer daarna terug na Quthing waar hy tot 1902 opleiding in skrynwerk by die Leloaleng Tegniese Skool ontvang. Hierna word hy onderwyser, eers by die Bensonvale Instituut in die Herschel-distrik van die destydse Transkei en toe in Maseru, die hoofstad van Lesotho. In 1904 word hy egter deur Casalis na die Morija Boekdepot teruggenooi as sy sekretaris en ook om as verslaggewer vir die nuusblad Leselinyana la Lesotho te werk. Dit was ’n baie belangrike stap vir die ontwikkeling van Mofolo as skrywer. Benewens Casalis, werk hy, aldus navorsing deur Tim Couzens (2003:313), nou saam met die sendelinge Samuel Duby en Edouard Jacottet, wat reeds vroeg deur sy buitengewone skryfvaardigheid in Sesotho beïndruk is.

Die Morija Printing Works and Sesuto Book Depot, soos dit vandag nog bekend staan, is in 1841 gestig as ’n inisiatief van die Paris Evangelical Mission Society (P.E.M.S.), wat sendingwerk in 1833 in Lesotho begin het. Aanvanklik was die pers agtereenvolgens op die sendingstasies Berseba, Bethesda en Masitise gebaseer, maar dit is uiteindelik op Morija gevestig waar dit vandag steeds geleë is. Aangesien dit ’n sendingstasie was, moet aanvaar word dat Mofolo se blootstelling aan literatuur daar in die eerste plek van geestelike aard was. Daar is egter aanduidings dat Mofolo ook met die werke van H. Rider Haggard, Marie Corelli, John Bunyan en ook William Shakespeare kennisgemaak het. Hy sou ook deeglik kennisgeneem het van die magdom historiese artikels wat oor etlike jare deur die pionier A.M. Sekese versamel en in die nuusblad Leselinyana gepubliseer is.

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 1 - 10
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×