Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-77c89778f8-gq7q9 Total loading time: 0 Render date: 2024-07-16T22:33:45.961Z Has data issue: false hasContentIssue false

Hoofstuk 4 - Chaka word deur die koning van die diep waters besoek

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Die dag dat Chaka weer baie vroeg moes gaan bad, het aangebreek, en hy het inderdaad rivier toe gegaan terwyl dit nog baie vroeg was. Sy ma het saam met hom gegaan, omdat sy die slegte gees onder die mense gesien het. Geen mens het geweet dat Chaka op ’n bepaalde tyd moes gaan bad nie. Toe hulle by die rivier (die Wit-Mfolozi) kom, het sy ma naby die plek gaan skuil waar Chaka gebad het. Die leser moet onthou dat dit in Bokone nie ’n skande was as ’n moeder haar seun kaal sien swem nie, want in Bokone is daar nie klere gedra nie.

Chaka het homself gewas en toe hy byna klaar was, begin die kuif op sy kop skielik heen en weer skud en tol; die kopvel daaronder het warm gevoel en gou-gou begin rimpel, en net so gou het die vel weer tot bedaring gekom en botstil geword. Dit was nog baie, baie vroeg, lank voor sonop; en hy het op ’n gevaarlike en skrikwekkende plek geswem. Aan die bokant van waar hy hom bevind het, was daar ’n groot waterval, en onder daardie waterval, net daar waar hy was, ’n reusagtige poel, ’n vreesaanjaende kuil, met donkergroen, baie diep waters rondom die waterval. In die poel was die water pikswart! Aan die oorkantste oewer, reg langsaan hom, maar steeds in die water, was daar ’n groot grot, ’n swart, donker tonnel met ’n afwaartse helling waarvan ’n mens die einde nie kon sien nie. Die bodem van die diep poel kon nie gesien word, ook nie waar dit eindig nie, want onderkant die poel was die water aan albei kante met digte riet begroei; en aan die oorkantste oewer het die bos die heuwelhang oorgroei en in die rivier geëindig; die bos was baie dig en ruig verstrengel, ’n ware boskasie. Dit was ’n verskriklike plek, selfs in die dag verskriklik, waar ’n mens dit glad nie alleen kon waag nie; waar alleen die tikoloshe dit kon doen. Chaka het homself daar gewas, want hy was Chaka.

Chaka plas toe weer in die water, en skielik het die breë rivier se water in die poel begin skommel en groot golwe gemaak; dit golfgolf, die golwe sprei en styg, en hy sien dat dit hom gaan oorweldig. Toe begin hy om pad te gee uit die poel en die water te verlaat.

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 41 - 47
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×