Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-77c89778f8-5wvtr Total loading time: 0 Render date: 2024-07-16T22:49:49.821Z Has data issue: false hasContentIssue false

Hoofstuk 20 - Chaka val suidwaarts aan. Mzilikazi

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Na die afrekening met die lafaards het Chaka gou suidwaarts aangeval. Eers het hy die Maqwabe finaal uitgewis en toe geveg teen die Mafuze, die Bathembu en die Machunu. Dit was die eerste volke wat Chaka verstrooi het met sy verenigde leër, dit wil sê, met al die krygers wat hy sedert hy koning geword het by sy eie ingelyf het. Chaka het hulle genadeloos om die lewe gebring, en hul dorpe en gesaaides aan die brand gesteek. En toe, in plaas van met sy groot buit terug te keer huis toe, het hy maande lank daar vertoef. Terwyl hy daar gelaer was, het hy groot skade aangerig en die mense met moord uitgewis. Die jonges het hy steeds by sy leërs ingeskakel.

Daarvandaan is hy verder suid oor die Thukela-rivier, waar hy die Mabomvu en die Bakwamachibisa verstrooi het. Die beestroppe en kleinvee van dié volke het hy teruggestuur, maar hy het voortgetrek. Teen daardie tyd was dit byna nie eers meer nodig om te veg nie. Die mense was reeds so bang vir hom dat as hulle sy leërs in die omtrek gewaar het, hulle al op die vlug geslaan het. Later wou hulle nie eers meer sy naam hoor nie, en ás daar gehoor is dat Chaka naby was, dan het die mans die dorpe net so verlaat en gevlug. Sy naam was baie beroemd; waar die mans gesit het, was die gesprek oor Chaka, in die lapas was die gesprek onder die vroue Chaka, en in die veld was die gesprek onder die veewagters Chaka.

Die volke wat voor Chaka uitgevlug het, het die kleiner volke voor hulle aangeval, en hulle beeste, sorghum, alles skoongevee. Suidwaarts het die voorste volke wat op daardie stadium nog nie van Chaka geweet het nie, die roete versper en dié wat voor Chaka uit gevlug het, aangeval; dit wil sê, die vlugtendes is van alle kante bedreig: van agter deur Chaka, en van voor deur die inwoners van die landstreek waar hulle deur gevlug het. Maar omdat dit vir Chaka was dat hul gevlug het, het hul saamgestaan en een groot mag gevorm en hul wraak op die kleiner volke in hul pad uitgehaal en hulle met gemak vertrap. Die volke het oor mekaar geval in hulle vlug na die suide en mekaar so verrinneweer dat hulle soms deur die bloed gewaad het van dié wat doodgemaak is.

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 163 - 170
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×