Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-77c89778f8-7drxs Total loading time: 0 Render date: 2024-07-16T22:54:29.850Z Has data issue: false hasContentIssue false

Hoofstuk 6 - Chaka ontmoet Isanusi

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Toe Chaka in die bos aankom, hoor hy op die middag ’n geweeklaag in Ncube. Hy sien skares mans en vroue rondbeweeg, ook van omliggende dorpies, wat geroep is deur die weeklag toe die hiëna toegeslaan en die meisie gevang het. Hulle is ook geroep deur die tweede geweeklaag wat begin het toe die nag opgeklaar het. Chaka het daardie geweeklaag gehoor, dit was van vroue wat treur oor hulle mans wat dood is; vroue wat treur oor hulle broers en kêrels wat dood is. Hulle het almal oor hulle oorledenes gerou, met Senzangakhona het hulle niks te doen gehad nie. Ander egter het oor hom, Chaka, getreur, en gewonder hoe erg die een wat Senzangakhona getoor het, vir Chaka gehaat het, en waarom Senzangakhona hom sommerso en sonder rede sou verwerp.

Op die middag bulk die beestroppe en blêr die bokke in hul krale van honger; ook die kalwers en die boklammers smag na hulle moeders se melk; die honde tjank onheilspellend in die dorp oor hulle base wat gesterf het; en ook die pluimvee val by die geraas in, alhoewel hulle eintlik maar net deur die lawaai meegesleur is. Toe die geraas van al hierdie treurendes saamsmelt, was dit voorwaar ’n geluid van ’n ander wêreld, ’n deurmekaar gedreun, soos wanneer ’n groot koning oorlede is; want as ’n groot gees gesterf het, het selfs die diere dit agtergekom. Chaka het die geweeklaag van al hierdie treurendes gehoor, en as iemand wat die koningskap begeer het, het hy gesê: “Al hierdie dinge het as gevolg van my gebeur, maar ek is nog ’n jong rank, ’n onseker mens. Wat sal die dag gebeur as ek ’n man is en die koningskap oorneem? Ek sal myself wreek as daardie dag aanbreek!”

Toe oordink Chaka al die dae van sy lewe sedert sy kinderjare en hy bevind dat hulle aaklig en skrikwekkend was, en hom die koue rillings gee. En toe hy die dag onthou waarop hy die kalwers gaan aankeer het, bevind hy dat daar in die geheim teen hom saamgesweer is; hy onthou die dag toe die seuns hom op die graanlande oorrompel het; en van die leeu en die hiëna.

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 57 - 64
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×