Skip to main content Accessibility help
×
Hostname: page-component-77c89778f8-fv566 Total loading time: 0 Render date: 2024-07-16T22:23:09.798Z Has data issue: false hasContentIssue false

Hoofstuk 19 - Afrekening met die lafaards

Published online by Cambridge University Press:  11 November 2021

Get access

Summary

Na die dood van Noliwa het Chaka sowel uiterlik as innerlik ten kwade verander, in sy hart, sy bedoelinge en dade. Eerstens het die klein vonkie van menslikheid wat nog in hom oor was, uitgeflikker en vir goed verdwyn en sy hart in verskriklike duisternis agtergelaat. Die vermoë om oorlog van moord en doodslag te onderskei, het verdwyn, vir altyd verdwyn; vir hom het alle dinge eners begin word, en het hy dit op een en dieselfde manier bejeën. Tweedens het sy menslikheid gesterf, vir goed gesterf, en ’n dierlikheid het volledig ingetree; want ofskoon hy voorheen ’n wrede mens was, was hy nog mens, sy wreedheid was steeds menslik. By iemand wat edeler bloed as sy eie ter wille van koningskap vergiet, wat die bloed van iemand soos Noliwa vergiet, by so iemand is dit goed verstaanbaar dat die bloed van sterwelinge vir hom presies ooreenstem met dié van die diere wat ons slag. Dít was die grootste enkele daad van Chaka in sy voorbereiding vir die koningskap waarna hy gestreef het, en met die bloed van Noliwa het hy homself gemerk met ’n letsel wat nie uitgewis kan word nie, soos dié van die konings van Isanusi se geweste. Nandi se smart toe sy die doodsberig van Noliwa hoor, kan ons nie peil nie, want sy het haar baie liefgehad en haar as haar skoondogter beskou.

Na sulke groot voorbereidings val Chaka toe die Buthelezi en die Maqwabe aan sodat hy sy krag kon toets, en dié van sy jong rekrute, sodat hy kon sien hoe daardie vegters sal vaar; en hy het opgetrek met ’n leërmag wat tweemaal groter as dié van Dingiswayo was. In die landstreek van Bokone het daar vrede geheers en daar was voorspoed, die wêreld was rustig, en die volke het in rustigheid voortgegaan tot Chaka met sy leërmagte in die pad geval het om die vrede op aarde tot niet te maak.

Dis goed verstaanbaar dat daar tydens daardie twee oorloë party krygers was wat weggehardloop het, dat ander hulle spiese verloor het, nog ander daarmee gegooi het, en party sonder enige gebuite wapens teruggekeer het.

Type
Chapter
Information
Chaka
Die nuwe Afrikaanse vertaling
, pp. 155 - 162
Publisher: University of South Africa
Print publication year: 2017

Access options

Get access to the full version of this content by using one of the access options below. (Log in options will check for institutional or personal access. Content may require purchase if you do not have access.)

Save book to Kindle

To save this book to your Kindle, first ensure coreplatform@cambridge.org is added to your Approved Personal Document E-mail List under your Personal Document Settings on the Manage Your Content and Devices page of your Amazon account. Then enter the ‘name’ part of your Kindle email address below. Find out more about saving to your Kindle.

Note you can select to save to either the @free.kindle.com or @kindle.com variations. ‘@free.kindle.com’ emails are free but can only be saved to your device when it is connected to wi-fi. ‘@kindle.com’ emails can be delivered even when you are not connected to wi-fi, but note that service fees apply.

Find out more about the Kindle Personal Document Service.

Available formats
×

Save book to Dropbox

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Dropbox.

Available formats
×

Save book to Google Drive

To save content items to your account, please confirm that you agree to abide by our usage policies. If this is the first time you use this feature, you will be asked to authorise Cambridge Core to connect with your account. Find out more about saving content to Google Drive.

Available formats
×