Book contents
- Frontmatter
- Inboud
- The Unisa Flame Series
- Inleiding
- Voorwoord deur Chris van der Merwe
- Erkennings
- Hoofstuk 1 Nandi kies Senzangakhona
- Hoofstuk 2 Senzangakhona verwerp Nandi
- Hoofstuk 3 Chaka maak ’n leeu dood
- Hoofstuk 4 Chaka word deur die koning van die diep waters besoek
- Hoofstuk 5 Chaka vlug van sy tuiste
- Hoofstuk 6 Chaka ontmoet Isanusi
- Hoofstuk 7 Isanusi berei Chaka met medisyne voor
- Hoofstuk 8 Chaka kom by Dingiswayo aan – hy maak die waansinnige dood Die oorlog by Zwide
- Hoofstuk 9 Ndlebe en Malunga sluit by Chaka aan
- Hoofstuk 10 Chaka vang Zwide
- Hoofstuk 11 Die dood van Senzangakhona
- Hoofstuk 12 Noliwa
- Hoofstuk 13 Chaka en Isanusi by Senzangakhona se graf
- Hoofstuk 14 Chaka word in die koningskap van sy vader bevestig
- Hoofstuk 15 Zwide maak Dingiswayo dood Chaka verwerf die koningskap van Dingiswayo
- Hoofstuk 16 Die nuwe naam
- Hoofstuk 17 Die hervormings en organisasie van Chaka
- Hoofstuk 18 Die dood van Noliwa
- Hoofstuk 19 Afrekening met die lafaards
- Hoofstuk 20 Chaka val suidwaarts aan. Mzilikazi
- Hoofstuk 21 Oor Nongogo en Mnyamana
- Hoofstuk 22 Die dood van Nandi
- Hoofstuk 23 Die onversadigbare dors
- Hoofstuk 24 Pynlike drome
- Hoofstuk 25 Donga lukaTatiyana
- Hoofstuk 26 Die einde van Chaka
- Ander geraadpleegde werke
Hoofstuk 10 - Chaka vang Zwide
Published online by Cambridge University Press: 11 November 2021
- Frontmatter
- Inboud
- The Unisa Flame Series
- Inleiding
- Voorwoord deur Chris van der Merwe
- Erkennings
- Hoofstuk 1 Nandi kies Senzangakhona
- Hoofstuk 2 Senzangakhona verwerp Nandi
- Hoofstuk 3 Chaka maak ’n leeu dood
- Hoofstuk 4 Chaka word deur die koning van die diep waters besoek
- Hoofstuk 5 Chaka vlug van sy tuiste
- Hoofstuk 6 Chaka ontmoet Isanusi
- Hoofstuk 7 Isanusi berei Chaka met medisyne voor
- Hoofstuk 8 Chaka kom by Dingiswayo aan – hy maak die waansinnige dood Die oorlog by Zwide
- Hoofstuk 9 Ndlebe en Malunga sluit by Chaka aan
- Hoofstuk 10 Chaka vang Zwide
- Hoofstuk 11 Die dood van Senzangakhona
- Hoofstuk 12 Noliwa
- Hoofstuk 13 Chaka en Isanusi by Senzangakhona se graf
- Hoofstuk 14 Chaka word in die koningskap van sy vader bevestig
- Hoofstuk 15 Zwide maak Dingiswayo dood Chaka verwerf die koningskap van Dingiswayo
- Hoofstuk 16 Die nuwe naam
- Hoofstuk 17 Die hervormings en organisasie van Chaka
- Hoofstuk 18 Die dood van Noliwa
- Hoofstuk 19 Afrekening met die lafaards
- Hoofstuk 20 Chaka val suidwaarts aan. Mzilikazi
- Hoofstuk 21 Oor Nongogo en Mnyamana
- Hoofstuk 22 Die dood van Nandi
- Hoofstuk 23 Die onversadigbare dors
- Hoofstuk 24 Pynlike drome
- Hoofstuk 25 Donga lukaTatiyana
- Hoofstuk 26 Die einde van Chaka
- Ander geraadpleegde werke
Summary
Soos dit hoort, het Chaka Ndlebe en Malunga aan Dingiswayo gaan voorstel sodat hy hulle kon ontmoet, en hy het gesê: “My koning, sedert ek na my vlug by jou aangekom het, was ek alleen, maar vandag het hier twee jong manne van ons tuiste by my aangekom wat my diensknegte is, of laat ek liewer sê, net een is ’n dienskneg wat my komberse vir my dra, dis die swaksinnige; die tweede is my vriend, hy het gekom om na my om te sien, en ek stel hulle aan jou voor sodat jy hulle kan ontmoet, en jy nie sal wonder wie hulle is wanneer jy hulle sien nie.” Hulle word toe ingeroep en hulle kom; en die oomblik toe hulle verskyn, begin Dingiswayo se lyf ril, soveel so dat hy uit vrees orent kom. Toe hulle weg is, vra hy: “Chaka, sê jy hierdie twee kom van jou tuiste af?”
“Ja, koning.”
“Ken jy hulle van jou kinderdae, of ken jy hulle maar van onlangs af?”
“Ek het saam met hulle grootgeword, koning.”
“Ek vra so omdat een sonder twyfel ’n swaksinnige is van wie nie verwag kan word om jou komberse te dra nie; die tweede een hou ek niks van nie, sy oë is die oë van ’n bedrieër, vol onderduimsheid en verraad; jy moet hom hier wegneem, ek vrees hom, hy is waarlik boos. Sê jy, jy ken hom ook sedert jou kinderdae?”
“Ja, koning.”
Op hierdie dag hoor ons vir die eerste keer dat Chaka ’n leuen vertel, en dit terwyl ons hom sedert sy kinderdae, en deur sy grootwordjare, geken het as iemand wat daaraan gewoond was om die waarheid te praat. Hy het begin deur vir sy ma die ontmoeting met Isanusi weg te steek, en ook van hierdie manne het hy haar nie volledig vertel nie, hy het dit slegs bolangs aangeraak en effens met leuens bedek. Maar aan Dingiswayo vertel hy ’n infame leuen wat nie eers met ’n mate van waarheid vermeng is nie. So sleep hy homself van die waarheid weg na ’n bestemming wat ons nie ken nie.
- Type
- Chapter
- Information
- ChakaDie nuwe Afrikaanse vertaling, pp. 86 - 91Publisher: University of South AfricaPrint publication year: 2017